Jagters, Slagters en Wildwagters in Suidwes-Afrika

Price

$490.00 NADincl VAT

Availability

In stock

Quantity

’n Kroniek van Mens en Wild: Die verhaal tot 1960

by E.L.P. Stals

362 p. • 2022 • 170 x 240 mm • Padlangs

Prof Stals, ’n gedugte skrywer, historikus en afgetrede lektor, het as jong man ’n liefde vir die land en sy diere ontwikkel en het uiteindelik sy praktyk en passie gekombineer in ’n navorsingsprojek wat hom bykans 7 jaar besiggehou het.

Die storielyn volg die kronologiese verloop van die verhouding tussen mens en wilde dier in Suidelike-Afrika deur die eeue, van jagters, tot slagters, en uiteindelik die totstandkoming van wildbewaring, of wildwagters.

Stals se verhaal begin met ʼn oorsig van oorspronklike, inheemse jagpraktyke en ondersoek dan die impak van handeldryf wat deur die koms van ontdekkingsreisigers geskep is. ’n Internasionale mark vir produkte soos olifanttande en volstruisvere het gelei tot groter aanvraag, meer jagters, en uiteindelik die slagting en bandelose uitbuiting van menigte spesies diere in die omgewing.
Uiteindelik is die eerste maatreëls en wetgewing om die jag van wilde diere te reguleer deur die kolonialistiese owerhede in plek gestel, so vroeg as 1900.

Kritiek rakende die verhouding tussen mens en dier in lande soos Namibië wek gereeld opspraak, veral in die buiteland. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika lewer verslag van ‘n lang geskiedenis van wild- en natuurbewaring in Namibië, en van die aanhoudende soeke na beter, volhoubare maniere om ons ekosisteme te bewaar.

Vir ’n land waar so ’n groot deel van die samelewing geraak word deur mens-en-wilde lewe interaksie, is hierdie stuk geskiedenis uiters insiggewend en belangrik. Dit is verseker ’n boek wat op elke jagter, boer, natuurbewaarder en geskiedenis liefhebber se boekrak hoort.

Share


You might also like ...

Auf Kupfersuche in Lüderitzland Front

Auf Kupfersuche in Lüderitzland

Erlebnisse des Bergmannes Robert Baer 1884-1885 von Jürgen Dick

$215.00 NADincl VAT

Der Bart des Elefanten

Eine biografische Erzählung über das Leben des Berufsjägers Volker Grellmann von Wolfgang Brune

From$350.00 NADincl VAT

Rocky Point Frontside

Rocky Point

Skeleton Coast—Namibia by Peter Bridgeford

$230.00 NADincl VAT

Von der Sandbüchse zum Post- und Telegraphenland Front

Von der Sandbüchse zum Post- und Telegraphenland

Der Aufbau des Kommunikationsnetzwerks in Deutsch-Südwestafrika (1884-1915) von Sebastian Mantei

$275.00 NADincl VAT