Sigrid Schmidt

Sigrid Schmidt, gebore in Berlyn, het sowel Engelse as ook Duitse taalwetenskap en letterkunde aan die Vrye Universiteit van Berlyn en in die VSA studeer. Daarna het sy van 1959-1962 met haar man, waterwese-ingenieur Martin Schmidt, in SWA/Namibië gewoon tydens kontruksie van die Hardap-dam, en daar begin om van die Namas en Damaras se ou verteltradisies bymekaar te maak. Nadat hulle teruggekeer het na Duitsland, het sy Namibië met ondersteuning van die Deutsche Forschungsgemeinschaft agt keer besoek, om volksverhale in verskillende dele van die land op band op te neem. Haar publikasies Märchen aus Namibia (1980), die 10-volume uitgawe Afrika erzählt (1991-2009), A Catalogue of the Khoisan Folktales of Southern Africa (2013) en talle artikels in wetenskaplike tydskrifte in Duitsland, SWA/Namibië, Suid-Afrika en Engeland is gebaseer op hierdie versamelings.

Boek

Die Vere van die Duiwel

van Sigrid Schmidt

96 bladsye • s/w sketse • 2014 • ISBN 978-99945-76-25-8 • 170 x 240 mm

Die stories in hierdie boek het ’n unieke geskiedenis. Oor baie generasies heen is hulle getrou deur Nama- en Damara-gesinne in Namibie oorvertel. Sigrid Schmidt het die sprokies tussen 1960 en 1997 op band opgeneem en na indringende navorsing bevind dat dié stories wel uit Europa kom, maar nie uit boeke oorgeneem is nie. In die negentiende eeu het die Oorlam-Nama hulle na SWA/Namibie gebring. In Suid-Afrika is die verhale lankal reeds vergeet, maar die Nama en Damara het hulle bewaar.

Buy now